Psalm 129b

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Ek, Israel, is jonk reeds onderdruk;
ja, almal om my maak van my 'n vyand.
Om my te breek, het hulle nie geluk
ek kon oorleef, danksy die Heer se bystand.

2. My rug is vroeg reeds oop en rou geslaan,
my lyf geploeg soos vore lê die houe.
Maar God het my bevry, my uit laat gaan;
Hy sny my los van al hul wrede toue.

3. Laat elkeen wat die Heer se woning haat
daar sleg van afkom en verleë wegdraai.
Laat hulle wees soos nuttelose saad
wat op 'n dak ontkiem, verdroog en wegwaai.

4. Soos droë gras is daar vir hul geen hoop
Húl gaan tot niet die goddelose mense;
en niemand wat verby hul woonplek loop,
sal in sy Naam hul groet met seënwense.

Geskiedenis