Psalm 129a

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Ek is steeds swaar verdruk, sê Israel,
ek was van jongs af reeds nie daarvan vry nie;
hul het 'n ploegland van my rug gemaak
maar hulle kon my tog nie onderkry nie.

2. Die Here het die toue losgesny
waarmee die goddeloses my wou vasknoop.
Hy, wat regverdig is, het ons bevry;
in hulle eie strikke hul laat vasloop.

3. Laat die wat Sion haat,
verdroog soos gras wat op die leidak
groei maar gou tot niet gaan.
En hulle sal geen seëngroet ontvang
van die wat toekyk en net daar verbygaan.

Geskiedenis