Psalm 110

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Dit het die Heer belowe vir my koning:
"Sit aan my regterhand,"
het Hy gespreek, "en in die stryd
behaal jy die oorwinning;
Ek sal jou vyande se mag verbreek."

2. As God aan u die septer in die hand gee,
uit Sion, as die teken van u mag,
dan sê die Heer:
"Regeer die vyand daarmee."
U volk staan
vir die stryd gereed en wag.

3. As u u krag wil
monster op die stryddag,
staan elke krygsman dagbreek aangetree.
Hul staan daar jonk
en sterk die dag en afwag,
reeds vir die stryd
wat heilig is, geklee.

4. Die Here sal sy
eed van trou nie t'rugtrek,
u priesterskap sal u vir altyd sier.
As priester sal u dien soos Melgisedek,
en God se toorn sal u laat seëvier.

5. Voor hom verdelg Hy elke ander koning.
Die water uit 'n stroom sal hom versterk;
hy drink dit langs die pad na sy oorwinning.
Oorwinnings word vir hom deur God bewerk.

Geskiedenis