Lied 600

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Die heiliges, beklee met heerlikheid
staan voor u troon,
verlos van aardse stryd.
Hul prys u Naam, o Here, deurentyd.
Halleluja!
Halleluja!

2. U was hul rots, hul vesting en hul krag;
U was hul gids, hul lig in donker nag.
U was hul skuiling tot die nuwe dag.
Halleluja! Halleluja!

3. Verby die dood het God ons lot bepaal,
na aardse stryd kom Hy ons huis toe haal
Hy is ons Lig as skadu's oor ons daal.
Halleluja! Halleluja!

Geskiedenis

Teks 
“For all the saints who from their labours rest” deur William How het oorspronklik begin met die woorde “For all Thy saints” en is vir die eerste keer gepubliseer in Hymns for the Saints’ Days, and Other Hymns. By a Layman (Londen, 1864). Hierdie versameling is saamgestel deur Horatio B Nelson, neef van die beroemde Lord Nelson. Die Afrikaanse teks in die Liedboek (2001) is geskryf deur Gerrit Olivier (#312). 

William Walsham How (*13 Desember 1823, Shrewsbury, Shropshire; †10 Augustus 1897, Leelane, County Mayo, Ierland) was die seun van ’n regsgeleerde. Hy was ’n student aan Wadham College, Oxford, waar hy ’n BA in 1845 en ’n MA in 1847 behaal. Hy is opgelei as priester aan die University of Durham en word in 1847 georden as priester. Hy dien opeenvolgend as kurator van Kidderminster, Worcestershire (1846); Shrewsbury, Shropshire (1848-1851); Whittington (1851-1853); as diakonus van Oswestry (1853-1879); en as Suffragan van die biskop van Londen (met die titel biskop van Bedford) (1879-1888). Hier werk hy veral onder die armes en was bekend as “the children’s bishop”, “the poor man’s bishop” en “the omnibus bishop” (verwysend na sy voorkeur manier van reis). Hy word ook die eerste biskop van Wakefield (18881897). Eredoktorsgrade word aan hom toegeken deur die aartsbiskop van Canterbury in 1879 en Oxford in 1886. Hy sterf terwyl hy op vakansie in Ierland is. How se eerste liedere dateer van voordat hy 13 jaar oud was. Hy skryf byna 60, waarvan sommige nog vandag gesing word. Van sy bekendste liedere is onder meer “Behold a little child”, “For all the saints who from their labours rest”, “It is a thing most wonderful”, “O Jesu, thou art standing”, “O my Saviour, lifted”, “Soldiers of the cross, arise”, “Summer suns are glowing”, “O Word of God incarnate” en “We give thee but thine own”. How was ook die outeur van verskeie teologiese werke wat insluit preke en gedigte, kommentare op die Evangelies en pastorale geskrifte. He was mederedakteur van ’n hele aantal liedboeke wat insluit Psalms and Hymns (in samewerking met TB Morrell, 1854, enlarged edition, 1864, with Supplement, 1867); the SPCK Church Hymns (1871/1874, hersiene uitgawe 1881); en Mrs Carey Brock se Children’s Hymn Book (1881). Sy Hymns is gepubliseer in 1886. How was so hoog aangeslaan as kerkliedskrywer dat hy opdrag gegee is om ’n lied te skryf vir die Diamant Jubileum van koningin Victoria in 1897. Hiervoor skryf hy “O King of kings, whose reign of old”, wat geset was op die melodie, BISHOPGARTH, van Arthur Sullivan. 

Melodie 
SINE NOMINE is gekomponeer deur Ralph Vaughan Williams (#269) en is ingesluit in The English Hymnal (1906) waar dit “anon” gemerk was. Dit is geskryf vir die teks van How. Die komponis het klaarblyklik geen naam vir die melodie gehad nie en dit toe SINE NOMINE (sonder naam) genoem. Die melodie is al beskryf as “one of the finest hymn tunes written during the present [20th] century”. 

Bronne 
CDH; CGLB: 693-698; CWH: 560; HCLBW: 262; Knight: 142; PHC: 356.