Lied 596

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Ons sien vooruit na daardie dag
wanneer ons Here weer sal kom;
volhardend bly ons op Hom wag -
die Koning van die Christendom!

2. Wees wakker, bly voortdurend waak -
die einde het alreeds begin;
beywer jou vir God se saak -
die tyd raak kort, die ure min!

3. Ons kyk vooruit na daardie dag
wanneer ons Here weer sal kom;
die laaste skemer van die nag
sal wyk, finaal verdryf deur Hóm!

Geskiedenis

Teks
Dit is ’n nuwe teks deur Johan Cilliers (#161) wat vir die eerste keer in die Liedboek (2001) gepubliseer is.

Melodie
Die melodie WINCHESTER NEW kom uit die Musikalisch Handbuch (Hamburg, 1690). Vir meer inligting oor die melodie, sien Lied 436.

Bron
Liedboek (2001).