Lied 594

Vers 1

1. N· ons bestaan in tyd en ruimte,
waar alles om ons kwyn en slyt,
maak God die aarde en die hemel
weer eendag nuut, in heerlikheid.
Volmaak staan alles skitterskoon;
God Self kom ewig by ons woon.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Christian Gellert 1757; Na eene proef van weinig dagen – Ahasverus van den Berg 1806; AGB 1944; Attie van der Colf 1978 / 2001 ©
Wer nur den lieben Gott läßt walten – Georg Neumark 1657
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
Christian Gellert (#198) se oorspronklike teks “Nach einer Prüfung kurzer Tage” het verskyn in die GesangBuch (Berlyn, 1765) en is in Nederlands vertaal as “Na eene proef van weinig dagen” deur Ahasverus van den Berg (#198). Dit verskyn in die Evangelische Gezangen (1806) en is in die AGB (1944) vertaal in Afrikaans. Hierin lui die eerste reël soos volg: “Na ons kortstondig aardse lewe”. Attie van der Colf (#169) het die teks hersien vir die 1978-bundel: “Ná hierdie tydelike aardse lewe”. Hy het die teks weer gewysig in die Liedboek (2001) en daar begin dit soos volg: “Ná ons bestaan in tyd en ruimte”. Dit is ’n lied oor die hiernamaals en dui op die heerlikheid van die ewige lewe. 

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie WER NUR DEN LIEBEN GOTT van George Neumark (#273) wat by hierdie lied gebruik word, sien Lied 273. 

Bronne 
Cillié: 304; Hymnary.org