Lied 593

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Om ons bly die skepping sug
in die pyne van verwagting,
uit die berge, bome, lug
klink die krete van versmagting:
maak u aarde vry, o Heer,
alles nuut, net tot u eer!

2. Ons in wie die Gees reeds woon,
sug en smag ook in Ûns lyding,
maar ons weet dat God sal toon
wie geroep is tot bevryding.
Nou reeds weeg die heerlikheid
meer as die verganklikheid.

3. Ook die Gees sug met ons saam,
in en deur ons, sonder woorde;
pleit vir elkeen by die naam,
vir die kerk in alle oorde.
God laat als ten goede werk
vir sy skepping en sy kerk.

Geskiedenis

Teks 
Johan Cilliers (#161) se oorspronklike teks is vir die eerste keer gepubliseer in die Liedboek (2001). Dit is gebaseer op Romeine 8:18-28. 

Melodie 
Vir meer inligting oor Johann Crüger se melodie JESU, MEINE ZUVERSICHT, sien Lied 415. 

Bron
Liedboek (2001)