Lied 591

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Die boekrol in Gods regterhand
is sewe keer verseël,
dis vol geskryf aan elke kant
met oordeel Èn met seën;
maar niemand kan die seëls breek!
Wie sal die boek van God laat spreek?

2. 'n Leeu kom uit die Juda-stam,
voortreflik, soos 'n koning.
Hy staan daar as geslagte Lam
en so bring Hy oorwinning -
Hy het ons met sy bloed gekoop;
Hy neem die boek en maak dit oop.

3. Sing almal, sing die nuwe lied
van Jesus se oorwinning;
bring aan Hom lof en heerlikheid
en prys Hom in aanbidding:
U het ons met u bloed gekoop -
U sterwe breek 'n toekoms oop!

Geskiedenis

Teks 
Hierdie oorspronklike teks van Attie van der Colf (#169) “’n Boek was in Gods regterhand” het eers in die 1978-bundel verskyn. Hy het dit hersien in die Liedboek (2001). Die teks is gebaseer op Openbaring 5. 

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie MACH’S MIT MIR, GOTT, NACH DEINER GÜT, sien Lied 256. Die melodie is ritmies aangepas in die Liedboek (2001). 

Bron 
Liedboek (2001)