Lied 590

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Het jy gehoor dat eenmaal
hier alles nuut sal staan?
Dat Jesus by sy weerkoms
die dood finaal verslaan?
'n Nuwe aarde, hemel
verskyn met God se seën.
Het jy gehoor en glo jy
selfs deur jou twyfel heen?

2. Het jy gehoor van Jesus,
van lewe uit sy dood?
Het jy gehoor, vertrou jy
Hom in jou diepste nood?
Weet dan, geen bose magte
kan jou aan Hom ontruk.
Op dié geloofsverwagting
skenk God volmaak geluk.

Geskiedenis

Teks 
“Het jy gehoor dat eenmaal” is ’n nuwe teks van Attie van der Colf (#169) wat vir die eerste keer gepubliseer is in die 1978-bundel. Dit kan moontlik afgelei wees van die Duitse wederkomslied “Ermuntert euch, ihr Frommen” van Lorenz Lorenzen (16601722) wat wyd in Duitse liedboeke verskyn en verbind word met die melodie VALET WILL ICH DIR GEBEN. Behalwe vir die algemene strekking van die lied en die versmaat, is daar nie veel ooreenkomste tussen die twee tekste nie. Van der Colf het sy teks weer gewysig vir die weergawe in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie VALET WILL ICH DIR GEBEN van Melchior Teschner, sien Lied 409. 

Bronne 
Cillié: 292-293; www.hymnsandcarolsofchristmas.com