1. Ons harte is verheug dat God,
beskikker van ons deel en lot,
ons lewe in sy hande hou –
Hóm kan ons alles toevertrou.
Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.
Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.
Teks
Die oorspronklike Nederlandse teks, “Ons hart verheugt zich, dat bij God”, is geskryf deur Hieronymus van Alphen (#152) en verskyn as Gezang 28 in die Evangelische Gezangen (1806). GBA Gerdener (#157) het die teks in Afrikaans vertaal in Die Nuwe Halleluja (1931) en dit is ook opgeneem in die AGB (1944). Die teks is gewysig deur Gerjo van der Merwe (#151) vir die 1978-bundel. Die weergawe in die Liedboek (2001) is gewysig en ingekort tot ses strofes.
Melodie
Vir meer inligting oor die melodie GENEVAN 134 (Genève, 1551) wat hier gebruik word, sien Lied 268.
Bron
Liedboek (2001).