Lied 572

Vers 1

1. Heer, soms word ek ongeduldig
as ek meen ek ly onskuldig;
maar dan sien ek dit tóg in
as ek oor u werk besin:
die fondasies van die aarde,
sterre, diere – al u dade –
laat u ondeurgrondlikheid
blyk uit u voorsienigheid.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

JA Loader 2001
Psalm 86 – Straatsburg 1545 / Genève 1551
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
JA (Jimmy) Loader 2001 (#310) het die teks in 1996/1997 in Pretoria geskryf na aanleiding van ’n gesprekspunt by die Gesangekommissie van die Hervormde Kerk. Die inhoud sentreer rondom die vraag of die ondeurgrondelikheid van God saam met sy solidariteit met mense in nood singbaar gemaak kon word.

Melodie 
MON DIEU, PRESTE MOY L’AUREILLE (MON DIEU, PRETE-MOY L’OREILLE) is die melodie vir Psalm 86 wat in die La Forme des Prieres et Chantz ecclesiastiques (Genève, 1543) voorkom. Dit is geskryf deur Guillaume Franc (#151) en kom ook voor in die latere Pseaumes Octante Trois de David (Genève, 1551). 

Bronne 
E-poskorrespondensie met Jimmy Loader, Augustus 2015; Pidoux 1962; Pidoux 1989b.