Lied 571

Vers 1

1. Here, hoeveel blye dae
vloei soos strome kalm en rein,
sonder kommer, sonder klae,
vol van vreugde en sonneskyn!
Word ek soms gekwel deur lyding,
wil ek kla oor u kastyding,
weet ek dis van korte duur
uit my vreugde, net ‘n uur.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Johann Cramer 1723-1788; Ahasverus van den Berg 1806; GBA Gerdener 1931; AGB 1944; gewysig Gerjo van der Merwe 1978; gewysig WD Jonker 2001
Alle Menschen müssen sterben – Duits E16; C Anton 1643; geestelik Darmstadt 1687; aangepas 1806
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
Johann Cramer (#499) het die oorspronklike Duitse teks geskryf wat gepubliseer is in sy Allgemeine Gesangbuch für SchleswigHolstein (Altona, 1780): “Schwinge zu des Himmels Höhen” waar dit ook op die melodie ALLE MENSCHEN gesing word. Veral die vierde strofe kom baie ooreen met die eerste strofe van Lied 571: “Gott! Wie viele frohe Tage, flossen weil mir nichts gebracht …”. Dit is deur Ahasverus van den Berg (#198) in Nederlands vertaal vir die Evangelische Gezangen (1806): “Heer! Hoe vele blijde dagen”. Die teks verskyn in Afrikaans, vertaal deur GBA Gerdener (#157), in Die Nuwe Halleluja (1931) en in die AGB (1944) as “Here, hoeveel blye dae” onder die hofie “Blydskap in God”. Die teks is gewysig deur Gerjo van der Merwe (#151) in die 1978-bundel en verkort tot vier strofes. WD Jonker (#186) het dit weer gewysig in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie ALLE MENSCHEN MÜSSEN STERBEN, sien Lied 241. 

Bron 
WIWIG: 64-65.