Lied 569

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

Alle oë wag op U, o Here, en U gee wat
ons benodig, Heer, op die regte tyd. U
open u milde hande en skenk soveel guns
aan al wat lewe, uit groot genade. Amen.

Geskiedenis

Teks 
Die oorspronklike Duitse teks “Aller Augen warten auf dich, Herre” verskyn in Afrikaans in die FAKsangbundel (1979). Die weergawe van Elsabé Kloppers (#154) is geskryf in 1998 en in die Liedboek (2001) gepubliseer. Die teks is gebaseer op Psalm 145:15-16. Volume 2 

Melodie 
Die melodie “Aller Augen warten auf dich, Herre” is gekomponeer deur Heinrich Schütz en verskyn in ’n vierstemmige weergawe in sy 12 Geistliche Gesänge (SWV429) van 1657. 

Heinrich Schütz (*8 Oktober 1585, Köstritz, Gera; †6 November 1672, Dresden) word in ’n welgestelde familie gebore. In 1590 verhuis die familie na Weissenfels. In 1599, deur bemiddeling van landgraaf Moritz von Hessen-Kassel, word hy toegelaat tot die skool van die hof, die Mauritianum, waar hy ’n grondige opvoeding kry. Hy sing in die Hofkantory onder leiding van die kantor George Otto (1550-1618) en leer ’n magdom Duitse en Italiaanse musiek uit die Renaissance ken. In 1608 skryf hy as regsstudent in aan die Universiteit van Marburg, maar staak sy studie in die volgende jaar. Hy kry ’n beurs van die landgraaf wat hom in staat stel om in Venesië onder die beroemde komponis en orrelis Giovanni Gabrieli (1557-1612) musiek te studeer. Dit sluit in orrelspel, komposisie en uitvoeringspraktyk. As afsluiting van sy studies (soos dit die gebruik was onder die Gabrieli-leerlinge) lê hy in 1611 sy Madrigale Opus 1 voor om gedruk te word. In 1613 word hy aangestel as hoforrelis in Kassel, maar neem ook deel aan die musiekverrigtinge in Dresden, onder leiding van Michael Praetorius, by die doop van Prins Augustus. In 1615 word hy aangestel as orrelis en musiekdirekteur aan die hof in Dresden. Hier bly Schütz vir 57 jaar, tot met sy dood. Hy komponeer en publiseer baie musiek. Dit sluit in die Psalmen Davids (1619), Auferstehungshistorie (1623), Cantiones Sacrae (1625), Symphonia Sacrae I (1629), Kleine Geistliche Konzerte (1636 en 1639), Symphonia Sacrae II (1647), die belangrike versameling motette Geistliche Chormusik (1648) en die Symphonia Sacrae III (1650). Hierna volg nog van sy laat werke soos die drie Passies (1665/1666) en die Sieben Worte (1660). 

Bron 
KLEG: 283-285.