Lied 568

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Heer, gee vandag ons dag se brood -
U staan ons by in al ons nood,
ook wanneer ons so gou vergeet
dat U ons dag se brood uitmeet.

2. Heer, seën tog vandag se brood
en laat ons ander help in nood,
laat ons bereid wees om te deel
want U gee altyd weer so veel.

3. Heer, U is self die lewensbrood -
U deel Uself uit in u dood,
U het ons selfsug so vergeef,
nou kan ons uit u liefde leef.

Geskiedenis

Teks 
Dit is ’n nuwe teks deur Elsabé Kloppers (#154) wat in 1998 geskryf is en opgeneem is in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie GENEVAN 134 wat vir hierdie teks gebruik word, is dié van Psalm 134 (Genève, 1551). Vir meer inligting oor die melodie, sien Lied 268.