Lied 567

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Die dag wat U, o Heer, gegee het,
is nou verby, die nag kom aan;
soos U ons môrelied ontvang het,
neem nou ons naggebed ook aan.

2. Dieselfde son wat hier aan't kwyn is,
bring oor die see weer oggendlig -
voortdurend klink deur mensestemme
'n bede of 'n lofgedig.

3. Soos sonder einde son en skemer
steeds om die hele aarde gaan,
so sing en bid ons broers en susters
waar hul ook al voor U kom staan.

4. Ons dank U, Heer, dat U nie slaap nie,
by U bly dit voortdurend dag;
terwyl dit donker hier by ons is
hou U deur heel die wÍreld wag.

5. U trou staan vas - net aardse ryke
laat onderdane in die steek;
U ryk brei uit en groei voortdurend

Geskiedenis

Teks 
John Ellerton (#559) het die teks “The day Thou gavest, Lord, is ended” in 1870 geskryf vir A Liturgy for Missionary Meetings en hy het dit hersien vir die Church Hymns (Londen, 1871). Die Bybeltekste wat hiermee verband hou, is 1 Kronieke 23:30 en Psalm 113:2-3. Vir meer inligting oor die teks, sien Lied 559. Die Afrikaanse weergawe is geskryf deur Elsabé Kloppers (#154) en gepubliseer in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie ST CLEMENT is geskryf deur Clement Scholefield vir die teks van Ellerton. Dit het in Church Hymns with Tunes (Londen, 1874) verskyn. Sir Arthur Sullivan (#513) was die redakteur van die bundel en orrelis van die St Peter’s Church in Kensington, Londen, waar Scholefield die kurator was. Die titel van die melodie is afkomstig van die naam van die komponis. 
Clement Cotterill Scholefield (*22 Junie 1839, Edgbaston, Birmingham; †10 September 1904, Godalming, Surrey) gaan skool aan die Pocklington School, Yorkshire. Hy studeer verder aan St John’s College, Cambridge, waar hy ’n BA (1864) en MA (1867) verwerf. Hy begin ’n loopbaan as prokureur, maar besluit om eerder ’n geestelike te word. Hy word geordineer as diakonus in 1867 en as priester in 1869. Hy dien as kurator van Hove Parish Church, Sussex (1867-1870), St Peter’s, Cranley Gardens, South Kensington (1870-1879) (waar Sullivan die orrelis was) en St Luke’s, Chelsea (18791880). In 1880-1890 was hy kapelaan by Eton College en in 1890-1895 vikaris van Holy Trinity Church, Knightsbridge. Scholefield was ’n ywerige musikant en skryf 41 kerkliedmelodieë waarvan ses opgeneem is in Church Hymns with Tunes 1874): FIDES, IRENE, LITANY, RACHEL, ST CLEMENT en ST NICHOLAS. Dit is egter net ST CLEMENT wat gewild geword het 

Bronne 
CGLB: 880; Colquhoun: 243-244; CUMH: 631; CWC: 601; HCLBW: 343-344; KLEG: 280; Knight: 310; PHH: 465-466.