Lied 566

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Hou oor my vannag u hande,
grote God, wat altyd waak.
Laat my rus in u beskerming
as dit donker om my raak.

2. Heer, vergeef my al my sondes;
maak my hart opnuut weer skoon:
Dan sal ek geen onheil vrees nie -
dan sal vrede in my woon.

3. Neem ons huis, ons vriende, almal,
in bewaring deur die nag.
Môre dank ons U vir goedheid -
gawe van 'n nuwe dag.

Geskiedenis

Teks 
Die herkoms van die teks “Leg mij om te slapen neder” is onbekend. Die Afrikaanse weergawe van GC Cillié (#366) is gepubliseer in die FAKsangbundel (1950). Die teks van Cillié, “Met die skemer daal die vrede”, is gewysig deur Attie van der Colf (#169) in die Jeugsangbundel (1984). In die bundel Sing onder mekaar (1989) is die teks gewysig deur Van der Colf na “Hou oor my vannag u hande”en hierdie weergawe is opgeneem in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die tradisioneel Afrikaanse MAGALIESBURGSE AANDLIED is opgeteken deur Gawie Cillié in 1950 by oom Frans Fouché op die plaas Doringhoek, Maanhaarrand, distrik Magaliesburg. 

Bron 
Liedboek (2001).