Lied 564

Vers 1

Kyk, die dag is nou verby
en die nag kom nader.
“Laat jul sorge nou by My” –
so sê God ons Vader.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Ruhet von des Tages Müh – Martin Hesekiel 1931; Afrikaanse weergawe Elsabé Kloppers 2001 ©
Martin Hesekiel 1931 (Kanon) © Merseburger Verlag, Kassel, Duitsland.
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
“Ruhet von des Tages Müh” is geskryf deur Martin Hesekiel in 1931 as voorbereiding vir ’n Singwoche en word in 1936 vir die eerste maal gedruk in ’n liedboek vir Duitsers in Pole. Die Afrikaanse weergawe is gemaak deur Elsabé Kloppers (#154) vir die Liedboek (2001). 

Martin Hesekiel (*9 April 1912, Posen, Pole; †1 November 2003, Lübeck) word groot in ’n evangeliegesinde ouerhuis waar baie musiek gemaak is. Hy sluit hom by die Bündische Jungend aan en kom met die sogenaamde singbeweging in aanraking. Na teologiese studies in Posen, Königsberg en Tübingen word hy predikant in Neuenburg en Danzig en terselfdertyd ook jeugprediker vir die streek Danzig-Wes-Pruise. In 1941 word hy opgeroep tot diens in die vloot. Na die einde van die oorlog bring hy etlike maande deur in ’n interneringskamp. In 1946 vestig hy hom in Lübeck. Hy werk eers as sielesorger in die vlugtelingskamp en dan as predikant en jeugprediker in die St Andreasgemeente in Lübeck-Schlutup. Later dien hy, tot met sy aftrede, as predikant in die Kreuzgemeinde in Lübeck. 

Hesekiel verrig ook verskeie ander kerklike ampte en dien onder meer in die bestuur van die Sinode van die Evangeliese Lutherse kerk in Lübeck. Hy onderrig Kirchenkunde aan die Instituut vir Kerkmusiek en werk ook mee aan die Arbeitsgemeinschaft vir jeugmusiek. Hy raak toenemend bekend as komponis en digter van kerkliedere. Vir sy bydrae tot die versoening van die Pole en die Duitsers ter bewaring van kulturele erfgoed, word hy in 1996 vereer met die Bundesverdienstkreuz. 

Melodie 
Martin Hesekiel skryf die melodie vir RUHET VON DER TAGES MÜH ook in 1931. Dit is ’n vierstemmige kanon. 

Bronne 
Kämpfert; Kleg: 151; www.DeutschesLied.com; www.liedboekcompendium.nl 

© Missio 2024 | All rights reserved.