Lied 563

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Aan U, o God, my dankgesange -
U wil ek in my aandlied prys!
Al kwyn die sonlig teen die hange,
u lig, my lig, sal hoër rys (3x)

2. U het my met u guns versadig
en as 'n vader my beskerm;
met seëninge, so milddadig,
U dag en nag oor my ontferm (3x)

3. Ek weet aan wie'k my toevertrou het,
al wissel dan ook dag en nag;
ek ken die Rots op wie'k gebou het,
van wie ek al my heil verwag (3x)

4. Eens aan die einde van my lewe
sal ek van sorge en moeite vry,
vir elke dag my hier gegewe
U hoër, reiner loflied wy (3x)

Geskiedenis

Teks 
Herman Bruining (#339) se Nederlandse aandgesang “‘k Wil U, o God, mijn dank betalen” kom uit die Evangelische Gezangen (1806). Dit is hierdie teks wat deur ons voorouers gesing is en waaruit die weergawe met die liederwysie waarskynlik ontstaan het. Daarin is die teks ingekort en die laaste drie herhalende teksreëls het die effek van ’n refrein. Die teks is gewysig deur Attie van der Colf (#169) vir die 1978-bundel en die Liedboek (2001). 

Melodie 
AANDGESANG is een van die Afrikaanse liedwysies. Dit is opgeteken deur Chris Lamprecht (#331) by PL Steyn. 

Bronne 
CGLB: 867-870; Cillié: 539-540.