Lied 553

Vers 1

Ek is bly ek ken vir Jesus,
ek is bly ek is sy kind.
En ek bly my hele lewe
aan die Here vasgebind.
Ek is bly ek het ‘n Bybel
dat ek elke dag kan lees –
Kinders van die Here
het niks om voor bang te wees. (2x)

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Elizabeth Fourie 1992
ELIZABETH – Elizabeth Fourie 1992 © EF Musiek, Wilropark, Suid-Afrika. Toestemming vir gebruik (teks en melodie).
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
Elizabeth Fourie het “Ek is bly ek ken vir Jesus” in 1990 geskryf as deel van ’n transkripsieplaat wat sy toe vir die destydse SAUK opgeneem het. Dit is gebruik vir verskeie kinderprogramme. Die lied weerspieël persoonlike blydskap in die Here. 

Melodie 
Elizabeth Fourie het die melodie saam met die teks geskryf. ELIZABETH is vernoem na die komponis. 

Elizabeth Maria Fourie (née Holtzhausen) (*17 November 1956, Krugersdorp) gaan skool aan die Hoërskool Monument in Krugersdorp en studeer verder aan die UP waar sy die kwalifikasies BA (HOD) verwerf. Sy vorm saam met haar man, Francois, ’n sangpaar wat oornag baie suksesvol en gewild geword het en verskeie treffers opgelewer het. Hulle doen ook musiekbediening by verskeie gemeentes en het heelwat albums met geestelike musiek vir volwassenes en kinders die lig laat sien. Hierop is van haar eie komposisies opgeneem. As sangpaar is hulle dikwels op televisie te sien en hulle tree ook gereeld op by kunstefeeste. Hulle het ook al in Duitsland, Nederland en Australië konserte gegee. In Amsterdam is hulle met ’n spesiale toekenning vereer deur die Nederlandse Vereniging vir die Bevordering van die Afrikaanse Taal. Hulle het ook verskeie toekennings ontvang van onder meer die SAUK, Voortrekkers en die ATKV. Verskeie van Fourie se liedere is ook in die aanlynbundel FLAM en sewe in die nuwe FAKsangbundel opgeneem. Sy woon tans in Parys in die Vrystaat. 

Bronne 
E-poskorrespondensie met Elizabeth Fourie, 31 Januarie 2017 en 16 Julie 2017; www.francois-en-elizabeth.co.za