Lied 552

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Liewe Vader, ek sê dankie
vir die wêreld rondom my:
want die hemel en die aarde
het ons al's van U gekry.

2. Liewe Vader, ek sê dankie
vir die lewe rondom my:
Al die blomme en die diere
het hul prag van U gekry.

3. Liewe Vader, ek sê dankie
vir die mense rondom my:
Al my maatjies en familie
wat in liefde by my bly.

4. Liewe Vader, ek sê dankie
dat ek soveel van U kry:
Maar die grootste is u liefde
wat ook in my hart kom bly.

Geskiedenis

Teks 
Die oorspronklike Duitse teks kom uit die 20ste eeu. Emma Badenhorst (#175) het die Afrikaanse teks geskryf en dit is vir die eerste keer gepubliseer in die Jeugsangbundel 2 (1993) en daarna ook in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die oorsprong van die melodie is onbekend, maar daar word gemeen dat dit Duits is. Hierdie navorsing het ook ooreenkomste gevind met die openingsfrases van AFTON van John E Spilman (1812-1896) en LITTLE SUNBEAMS (1889) van William J Kirkpatrick. 

Bron 
Liedboek (2001).