Lied 551

Sections

Lirieke

1. Jesus nooi die kindertjies:
"Almal, kom na My".
Elkeen wat na Hom toe kom,
ontvang en seën Hy.

2. Jesus nooi die kindertjies:
niemand is te sleg.
Hy leer hul om Hom te dien
en neem hul sonde weg.

3. Jesus nooi die kindertjies,
almal kan maar kom;
elkeen wat Hom liefhet,
is die Heer se eiendom.

4. Jesus nooi hul almal uit:
almal is gelyk.
Dié wat soos 'n kindjie word,
kom in sy koninkryk.

Geskiedenis

Teks 
Attie van der Colf (#164) het hierdie teks geskryf wat in die Jeugsangbundel (1984) en later ook die Liedboek (2001) opgeneem is. 

Melodie 
Die melodie wat by hierdie liedteks gebruik word, is geskryf deur MM Odendaal (datum onbekend).