Twee ogies om Gods werk te sien;
twee handjies om die Heer te dien;
twee oortjies om sy Woord op te vang;
twee lippies wat Hom loof met sang;
twee voëltjies moet sy pad betree
met één hartjie om aan Hom te gee.
Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.
Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.
Teks
Die oorspronklike teks “Two little eyes to look at God” is geskryf deur CC Kerr en in 1945 gepubliseer. Die Afrikaanse weergawe is gemaak deur Attie van der Colf (#164) en is in die Jeugsangbundel (1984) gepubliseer. Dit is daarna ook opgeneem in die Liedboek (2001).
Melodie
Die melodie TWO LITTLE EYES is ook geskryf deur CC Kerr. Geen verdere inligting oor die komponis is beskikbaar nie.
Bron
Hymnary.org