Lied 545

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Jesus kom na Jerusalem toe -
sing hosanna!
Baie mense by die fees hoor
Hy kom hiernatoe.

(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!

2. Jesus kom na Jerusalem toe -
sing hosanna!
Palmtakke in die hand
gaan hul Hom tegemoet.

(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!

3. Jesus kom na Jerusalem toe -
sing hosanna!
Op 'n donkie ry die Heer
terwyl die mense roep:

(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
(A) Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!

Geskiedenis

Teks 
“Jesus zieht in Jerusalem ein” is die oorspronklike teks van Gottfried Neubert en dateer uit 1968. Dit is gepubliseer in 111 Kinderlieder zur Bibel (1969). Die Afrikaanse weergawe deur Emma Badenhorst (#175) is vir die eerste keer gepubliseer in die Jeugsangbundel 2 (1993). Hierna is dit ook met geringe wysigings opgeneem in die Liedboek (2001) en die aantal strofes is verminder van vyf na drie. Die lied is gebaseer op Matteus 21:1-11. 

Melodie 
Die melodie vir “Jesus kom na Jerusalem toe” is ook in 1968 geskryf deur Gottfried Neubert. 

Gottfried Neubert (*15 Oktober 1926, Zwönitz; †2 Augustus 1983, Frankfurt am Main) gaan aanvanklik skool aan die Volkschule in Frankfurt en vanaf 1936 aan die Lessing-Gymnasium. In 1941 word hy aangeneem in die Lutherse kerk, waar hy later sou werk. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog word hy gevange geneem en in kampe in België en Engeland aangehou. Tydens sy gevangenskap was hy toegelaat om aan kerklike aktiwiteite soos eredienste, Bybelstudie, koor- en musiekgroepe deel te neem. Gedurende hierdie tyd, kom hy in aanraking met Hans-Rudolf Simoneit (1927-2009), die kantor van Langenfeld, wat ’n belangstelling in kerkmusiek by hom aanwakker. Hierdeur is sy beroepskeuse bepaal sowel as ’n verbintenis tot die nuwe kerklied gevorm. Neubert studeer van 1949 tot 1952 aan die Kirchenmusikschule en aansluitend aan die Hochschule für Musik in Frankfurt. Hy behaal die A- en B-diploma in kerkmusiek. Die dosente in sy hoofvakke was onder meer Kurt Hessinberg (komposisie), Philipp Reich (koorleiding) en Helmut Walcha (orrel). Hy dien hierna vir meer as 31 jaar lank as kerkmusikus in die Lutherse kerk. Sy samewerking in die Frankfurter Liederwerkstatt lei daartoe dat hy omtrent 40 melodieë skryf, waarvan baie deur homself van tekste voorsien is. Sy liedere verskyn onder meer in Dieter Trautwein se versameling Komm, Herr, segne uns (1991) en in 111 Kinderlieder. 

Bron 
KLEG: 225-226, 328-329.