Lied 544

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Soos die voëltjies van die hemel
wat nie ploeg nie, saai of plant;
so ontvang ons elke dag weer
alles uit die Heer se hand.

2. Soos die skape in die weiveld
veilig by hul herder bly,
sorg die Heer, die goeie Herder,
in sy liefde ook vir my.

3. Dis die Heer wat alle lewe
veilig in sy hande hou.
Hy laat leef ons bly en dankbaar,
Hy versorg vir my en jou.

Geskiedenis

Teks 
Die aanvanklike strofes is geskryf deur dr Ken Gerber, ’n medikus van Theresapark, Pretoria. Hy het dit na Fanie Naudé (#165), wat toe die leraar van dié gemeente was, gebring om teologies na te gaan. Naudé het gevind dat Gerber se tweede en derde strofes nie aanvaarbaar is nie en het nuwe strofes in die plek daarvan geskryf. Die lied is deur hulle aan die Liedboekkommissie voorgelê en aanvaar vir opname in die Liedboek (2001).

Melodie 
Die teks van Gerber en Naudé is getoonset deur Cecilia van Tonder (#165) in 2001. Die melodie se himnologiese titel is DIE HERE SORG. 

Bron 
E-poskorrespondensie met Fanie Naudé, 7 Augustus 2017.