Lied 542

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Jesus ons loof U!
Jesus ons prys U!
Laat ons met engle 'm loflies sing
nie meer verlore U is gebore
Ontvang die dank wat ons U bring!

2. Jesus, ons loof U!
Jesus, ons prys U!
Neem U ons harte en maak dit rein
dat ons, gelowig,
U dien met liefde -
ontvang die lof van kinders klein.

Geskiedenis

Teks 
Attie van der Colf (#169) het hierdie teks nuut geskryf vir die 1978-bundel en dit is weer gepubliseer in die Liedboek (2001). Die eerste Afrikaanse weergawe, wat in Die Halleluja (1951) verskyn het, kan teruggevoer word na die Nederlandse vertaling “Eeuwen geleden, kwamen getreden” in Die Halleluja (1903). Die melodie is hier gewysig deur die invoeging van herhaalde note om die nuwe teks daarop in te pas: “Soos die herders van weleer”. 

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie SCHÖNSTER HERR JESU, sien Lied 168.