Lied 540

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

Onthou jul nog wie't lank terug
die aarde goed gemaak?
Ons God en Vader wat nooit slaap,
wat altyd oor ons waak.
Vir mossies sorg Hy, dag na dag;
vir lelies in die vlei.
Vir óns het Hy sy Seun gestuur:
hoe lief het Hy vir my!

Geskiedenis

Teks 
Maria Straub het hierdie lied geskryf in 1874. Die oorspronklike teks is “God sees the little sparrow fall” (nav Matt 10:29) en het in ’n Afrikaanse vertaling verskyn as “Ons God en Heer het lank gelee” in Die Nuwe Halleluja (1931). Attie van der Colf (#169) het ’n nuwe teks gemaak vir die Jeugsangbundel (1984). Die teks is onveranderd in die Liedboek (2001) oorgeneem. 

Maria Straub (*27 Oktober 1838, Butler Township, De Kalb County, Indiana; †1898, Chicago) het meer as 220 liedere geskryf, maar vandag is nog net “God sees the little sparrow fall” in algemene gebruik. SW Straub, wat die melodie geskryf het, was haar broer. 

Melodie 
Die melodie HE LOVES ME TOO (ook bekend as PROVIDENCE) is geskryf deur SW Straub, die broer van Maria, maar is melodies aangepas. In die Jeugsangbundel (1984) word dit nog aangedui as ’n tradisionele melodie. 

Solomon W Straub (*2 Desember 1842, Butler Township, De Kalb County, Indiana; †2 September 1899, Chicago, Illinois) was ’n musiekonderwyser, komponis en uitgewer. Sy suster, Maria, werk sedert 1873 saam met hom as uitgewer van musiekboeke. Van sy vele publikasies sluit in: The Golden Rule (Cincinnati, 1872), Christian Life Songs (Chicago, 1890), Bright Light for Sunday Schools (Chicago, c 1893) en andere. 

Bronne 
CyberHymnal.org; Hymnary.org; wordwisehymns.com; www.hymntime.com