Lied 539

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Tien meisies, met hul lampe,
wag op die bruidegom.
Vyf meisies was verstandig,
die ander gee nie om.
Die bruidegom kon laat wees -
dit het hul skoon vergeet.
Die vyf met ekstra olie
was vir die wag gereed.

2. Tien meisies, met hul lampe,
word almal later vaak.
Al laer brand die vlamme.
Al tien raak aan die slaap.
Tot middernag, toe, skielik:
"Hier kom die bruidegom!"
Kry reg jul vreugdeligte.
Staan op, verwelkom hom."

3. Tien meisies met hul lampe
wag op die bruidegom.
Vyf meisies was verstandig,
die ander gee nie om.
Tien meisies met hul lampe -
net vyf was voorbereid.
Dié vyf vier vrolik bruilof
saam in Gods Koninkryk.

Geskiedenis

Teks 
Attie van der Colf (#169) se oorspronklike teks “Tien meisies, met hul lampe” is gebaseer op Matteus 25:1-13. Dit is vir die eerste keer in die Liedboek (2001) gepubliseer. 

Melodie 
ICH FREU MICH IN DEM HERREN is gekomponeer deur Bartholomäus Helder (#183) en oorgelewer in die tweede deel van sy Geistliche Lieder … Christliche Kirchenund Schulgesänge (Gotha, 1648). Vir meer inligting sien Lied 539. 

Bron 
KLEG: 138.