Lied 538

Vers 1

1. Heer Jesus, U was self ‘n kind;
U laat U ook deur kinders vind.
O laat ons nooit u Naam vergeet
Ûns wat deur U Gods kinders heet.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Ein reines Herz, Herr, schaff in mir – Heinrich Neuss 1703; Izak de Villiers 1978 / 2001 ©
O Jesu Christe, wahres Licht – Nürnberg 1676
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
Heinrich Neuss het die oorspronklike teks, “Ein reines Herz, schaff in mir”, geskryf en dit is gepubliseer in sy Geistliche Lieder zur Andacht (Wernigerode, 1703). Izak de Villiers (#153) het die Afrikaanse weergawe hierop gebaseer. Dit het in die 1978-bundel verskyn en is met wysigings oorgeneem in die Liedboek (2001). 

Heinrich George Neuss (*11 Maart 1654, Elbingerode; †30 September 1716, Wernigerode) word groot in ’n piëtisties-gesinde huis. Hy studeer teologie aan die Universiteit van Erfurt van 1677 tot 1680. In 1680 word hy “Informator” en huisonderwyser in Wernigerode en in 1683 word hy mederektor en later ook rektor in Blankenburg. Hy beklee nog verskeie ampte in Remlingen en Wernigerode en word ook die reisprediker van hertog Rudolf August von Braunschweig. In 1696 verwerf hy ’n doktorsgraad in die teologie in Giessen. Hy skryf ongeveer 134 kerkliedere met 86 melodieë wat grotendeels deur homself gekomponeer is. Hy wend egter ook bestaande melodieë aan vir kerkgebruik en skroom nie om melodieë uit operas ook aan te wend nie. Honderd van sy liedere word opgeneem in sy versameling Heropfer zum Bau der Hütten Gottes (Lüneburg, 1692). Die lied “Ein reines Herz” verskyn in die tweede druk van die bundel (1703). Vyf van sy liedere word in Freylinghausen se Geistreiches Gesangbuch (Halle, 1704) gepubliseer en 14 in die latere volume van 1714. 

Melodie 
O JESU CHRISTE, WAHRES LICHT (ook bekend as O JESU CHRIST, MEINS LEBENS LICHT en SEDULIUS) is ’n anonieme melodie wat aanvanklik verskyn het met Martin Behm (1557-1622) se teks “O Jesu Christ, meins Lebens Licht” in die Andächtliche HausKirch … Gesängen (Nürnberg, 1676). Dit kom ook voor in Freylinghausen se Geistreiches Gesangbuch (1714). O JESU CHRISTE, WAHRES LICHT word by verskeie tekste gebruik, veral in die Lutherse gemeenskap. Die titel SEDULIUS verwys na die 5de-eeuse Christelike skrywer Caelius Sedulius (*c 1450). 

Bronne 
CGLB: 403-434; Cillié: 387; CWH: 576; HC: 528-529; HCLBW: 363-364; KLEG: 228; Zahn: #535.