Lied 537

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Ons Vader, neem hul hande
en maak hul één.
Versterk u self die bande -
gee hul u seën.
Bind hul in u genade aan U, o Heer,
en leer hul om met dade u Naam te eer.

2. Heer, wees vir hul 'n Vader
wat sorg en sien.
Trek hul in Christus nader
om U te dien.
Laat, Heer, u Gees hul voorgaan,
laat Hy hul lei,
dat hul u Woord gehoorsaam,
hul aan U wy.

3. Leer hul mekaar vergewe,
mekaar vertrou.
Laat hul die hele lewe
op liefde bou.
Laat heers oor hul u vrede,
en bind hul saam.
Verhoor tog ons gebede
in Jesus Naam.

Geskiedenis

Teks 
Julie Hausmann (#532) het die teks in 1862 geskryf. Vir meer inligting oor die teks, sien Lied 532. 

Melodie 
Die melodie SO NIMM DENN MEINE HÄNDE is in 1842 geskryf deur Friedrich Silcher (#352). Vir meer inligting oor die melodie sien Lied 532.