Lied 536

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Heer, ons bid vir hierdie egpaar:
Sterk hul liefde meer en meer.
Bind hul twee-heid tot 'n éénheid,
laat hul lewe tot U eer.

2. Maak hul huis vir hul 'n tuiste -
vol geloof en vol gebed.
Laat hul ook in swaarder tye
vas vertrou dat U sal red.

3. Maak in voorspoed hulle dankbaar
oor die seën wat U bring,
en as teëspoed oor hul pad kom
dat hul steeds oor U sal sing.

4. Heer, omvou hul met u liefde
waar hul lewe heen mag lei.
Maak hul diensbaar en geduldig;
laat hul altyd in U bly.

Geskiedenis

Teks 
Hannes van der Merwe (#219) het hierdie huweliksgebed nuut geskryf vir die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie STUTTGART uit die Psalmodia sacra (Gotha, 1715) word by hierdie lied gebruik. Vir meer inligting oor die melodie, sien Lied 334.