Lied 535

Vers 1

1. Staan deur u Gees, o Here,
die egpaar altyd by,
sodat hul, U ter ere,
hulself aan U kan wy.
Bewaar hul teen die kwade,
die Bose wat verlei;
gee aan hul u genade
dat hul steeds trou sal bly.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Blijft bij met Uwen zegen – Rynse Gesangboek E19; E Hartwig 1947; Gerjo van der Merwe 1978; gewysig 2001
Valet will ich dir geben – Melchior Teschner 1613
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks
“Blijft gij met Uwen zegen” kom voor in die Rynse Sendinggenootskap se 19deeeuse bundel Gezangen en Liederen. Daar word vermoed dat die Nederlandse teks moontlik ’n vertaling van ’n Duitse teks kan wees, maar dit kon nie bevestig word nie. Eerwaarde E Hartwig (#250) het die lied in Afrikaans verwerk vir die gesangeboek van die NGSK in Suid-Afrika, naamlik die Sionsgesange (Worcester, 1947). Gerjo van der Merwe (#151) het die teks hersien en verkort vir die 1978-bundel en dit is weer gewysig vir die Liedboek (2001). 

Melodie 
Melchior Teschner (#409) se melodie uit 1613, VALET WILL ICH DIR GEBEN, word by hierdie teks gebruik. Vir meer inligting oor die melodie, sien Lied 409. 

Bron 
Cillié: 519.