Lied 529

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Dank, dank die Heer. Ons dank die Heer,
want aan sy liefde,
sy troue liefde is geen einde nie,
is daar geen einde nie (2x)

2. Sing vir die Heer. Sing tot sy eer,
besing sy dade, vergeet ook nie die
goeie wat Hy doen;
die goeie wat Hy doen (2x)

3. Bid tot die Heer. Aanbid die Heer,
met hoë agting, met volle eerbied word
sy Naam genoem;
sy Naam word hoog geëer (2x)

4. Dank, dank die Heer. Ons dank die Heer,
want Hy is liefde, sy trou en goedheid
duur in ewigheid,
dit duur in ewigheid (2x)

Geskiedenis

Teks 
Die oorspronklike Duitse teks van hierdie lied “Danket dem Herrn! Wir danken dem Herren” is geskryf deur Carl Herrosee (voor 1810). Die Afrikaanse weergawe deur Elsabé Kloppers (#154) is vir die eerste keer gepubliseer in die Liedboek (2001). 

Carl Friedrich Wilhelm Herrosee (*31 Julie 1754, Berlyn; †8 Januarie 1821, Züllichau) stam uit ’n Hugenotefamilie. Hy studeer teologie in Frankfurt an der Oder in 1775-1777. Hierna was hy eers vikaris in Dresden en toe hulpprediker in die Dreifaltigkeitskirche in Berlyn. Daar word hy in 1788 aangestel as hofprediker in die gereformeerde Domkerk. Hierna volg aanstellings as koninklike “kasteelprediker” in Züllichau en superintendent in Züllichau, maar hy behou sy bande met die koninklike familie. Hy bewys hom as ’n goeie organiseerder en raak betrokke by opvoedkundige aangeleenthede. Herrosee onderrig ook aan die Onderwyserseminarium en ’n meisiesskool wat hy gestig het. Hy skryf talle geskrifte oor opvoedkundige en teologiese temas en publiseer ook preke en gedigte. 

Melodie 
Die melodie DANKET DEM HERREN is gekomponeer deur Karl Schulz in 1810. 

Oor Karl Friedrich Schulz (*1784, Wittmannsdorf; †28 Junie 1850, Lungenschlag, Fürstenwalde) se vroeë lewe is weinig bekend. Hy was later werksaam as musiekonderwyser in Züllichau en later ook as mederektor in Fürstenwalde. Hy het hom veral vir die ontwikkeling van sangonderrig in skole beywer. Hy publiseer in hierdie verband Leitfaden bei der Gesangslehre (Züllichau, 1812, 1815 en 1825) en ’n Schulgesangbuch (Züllichau, 1816). 

Bronne 
EG: 333; KLEG: 149, 288; Hymnary.org