Lied 524

Vers 1

1. God roep ons om met woord en daad,
vir Hom te leef en werk.
Hy roep ons deur sy Woord en Gees
en maak van ons sy kerk.
Hy kies, bewaar en onderhou;
Hy inspireer en bou.
Geloof wat deur die liefde werk,
hou aan, bly groei, maak sterk.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

God roept ons, broeders, tot de daad – Jan Thomson 1882 – 1961; Attie van der Colf 1989 / 2001
ELLACOMBE – Wurtemberg 1784; Mainz 1833 © Interkerkelijke Stichting voor het Kerklied, ‘s-Gravenhage, Nederland. Met toestemming gebruik (teks).
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
“God roept ons, broeders, tot de daad” is oorspronklik geskryf deur Jan Thomson en is opgeneem in die 1938-bundel van die Nederlandse Hervormde Kerk en later ook in die Liedboek voor de Kerken (1973/1988). Dit het sy mees bekende lied geword. Die teks is in Afrikaans vertaal deur Attie van der Colf (#169) en opgeneem in Sing onder mekaar (1989). Van der Colf het dit ook hersien vir die weergawe in die Liedboek (2001). 

Jan Jacob Thomson (*14 Februarie 1882, Bredevoort; †1 Januarie 1961, Baarn) studeer teologie aan die Rijksuniversiteit van Utrecht en was in 1908-1920 predikant van die Hervormde Kerk in Hoogland. Hierna was hy die voorganger van die Nederlandse Protestantenbond in Varseveld en vanaf 1933 in Baarn en Bilthoven. Na 1938 dien hy net nog in Baarn. Hy emeriteer in 1952. Thomson was sy lewe deur gemoeid met vrae oor godsdiens en kultuur. Hy het verskillende digbundels uitgegee waaronder ’n bloemlesing Religieuze poëzie en ’n studie oor Nieuwe dichtkunst. Van sy liedere is oor die jare in diverse kerkbundels opgeneem. 

Melodie 
Die melodie ELLECOMBE is ontleen aan die Gesangbuch der Herzoglichen Wurtembergischen Hofkapelle (1784). In 1833 het die melodie verskyn in Hartig se Melodien zum Mainzer Gesangbuch op die teks “Der du im heil’gsten Sacrament”. Vir meer inligting oor die melodie, sien Lied 251. 

Bron
CGLK: 1089-1090, 1257.