Lied 520

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Saam buig ons neer om God te eer -
deur één Gees tree ons nader
as kinders van één Vader.
Ons is in Jesus, onse Heer,
deur één geloof verbind:
van harte eensgesind.

2. Wil U ons in u liefde lei
en leer ons daarna strewe
om dankbaar te kan lewe.
Ons wil aan U verbonde bly -
in Christus saamgebind:
van harte eensgesind.

Geskiedenis

Teks 
Hieronymus van Alphen (#152) en Abraham Rutgers (#151) het gesamentlik die teks “In welken oord men vromen vindt” geskryf wat opgeneem is in die Evangelische Gezangen (1806). Die gesang is gesing op 6 Junie 1837 met die inswering van Piet Retief as Goewerneur van die Verenigde Voortrekkerlaers by Winburg, Vrystaat. Hierdie teks is deur GBA Gerdener (#157) in Afrikaans vertaal in Die Nuwe Halleluja (1931). Dit is hersien en ingekort in die AGB (1944) en gewysig deur Gerjo van der Merwe vir die 1978-bundel. WD Jonker (#186) het die teks weer gewysig vir die Liedboek (2001). Die lied is gebaseer op Efesiërs 4:4-6. 

Melodie 
Die melodie GENEVAN 21 wat vir hierdie teks gebruik word, is dié van Psalm 21, “Seigneur le Roy s’esjouira” wat gepubliseer is in die Octante trois pseaumes (Genève, 1551). Dit is geskryf deur Loys Bourgeois (#151). 

Bronne 
Cillié: 424-425; Van der Walt: 129-130.