Lied 519

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek spreek en wind en golwe bedaar,
Ek sal ook jou getrou bewaar.

2. Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek ken jou pyn, jou donkerste nag.
Ek is by jou, Ek gee jou krag.

3. Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Kom bring na My jou kommer en vrees.
Ek sal vir jou 'n toevlug wees.

4. Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Bly waak en bid; volhard in geloof.
Ek is by jou soos Ek beloof.

Geskiedenis

Teks 
Die oorsprong is onbekend, maar die lied het gewild geword in die 1980’s. Dit is ’n parafrase van Psalm 46:10 en Exodus 15:26. Sommige bronne toon aan dat dit reeds in Hymns Ancient and Modern (1861) verskyn het, maar dit kon nie bevestig word nie. Die lied is opgeneem in verskeie hedendaagse bundels soos The Worshipping Church (1990) en Complete Mission Praise (2009). Attie van der Colf (#169) se Afrikaanse teks is gepubliseer in die Jeugsangbundel 2 (1993) en in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Ook die oorsprong van die melodie BE STILL AND KNOW is onbekend. 

Bronne 
CWC: 18; Hymnary.org