Lied 516

Vers 1

Al sou dan ook die vyeboom nie bot nie,
al sou die wingerd sonder druiwe staan;
die graan verdor,
die vrugteboorde wegkwyn,
die beeste, kleinvee,
alles hier vergaan
nóg sal ek juig
en bly wees in my God!
Hy is my hulp, Hy gee my krag.
Hy laat my loop
waar rats die ribbok gaan;
Hy laat my vas en veilig staan!

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

O STORE GUD – waarskynlik Sweedse volksmelodie E19 (aangepas)
Attie van der Colf en Elsabé Kloppers 2001 ©
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
Hierdie gesamentlike teks deur Attie van der Colf (#169) en Elsabé Kloppers (#154) is vir die eerste maal gepubliseer in die Liedboek (2001). Dit is gebaseer op Habakuk 3:17-19. 

Melodie 
O STORE GUD is waarskynlik ’n Sweedse volksmelodie. Vir meer inligting oor die melodie sien Lied 464.