Lied 515

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Soms kyk ons soekend om ons rond -
ons smag na sin en vrede.
Ons voel oorspoel deur sinloosheid
in ons gejaagde lewe.

2. Ons kom tot U, wat deur u Seun,
ons roep tot sin en vrede.
Om U te ken, bring waarlik sin
in ons gejaagde lewe.

3. Bewaar my van my sin te soek
in my gejaagde lewe.
Laat my alleen op U vertrou -
die bron van sin en vrede.

Geskiedenis

Teks 
Hannes van der Merwe (#219) het hierdie nuwe teks geskryf en dit is vir die eerste keer gepubliseer in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie DOMINUS REGIT ME is gekomponeer deur John Dykes (#169). Dit is gepubliseer in die Appendix (1868) van die eerste uitgawe van Hymns Ancient and Modern (1861) vir die teks “The King of Love my Shepherd is” van Henry Williams Baker (1821-1877). 

Bronne 
HCHAM: 255; PHC: 138-139.