Lied 507

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Hemelse Vader, U heers op u troon,
U is ook oral waar ons woon.
Dit is ons troos as ons twyfel of vrees:
U sal ons God vir ewig wees.

2. Volke mag worstel en oorlog verklaar,
mense mag stryd voer met mekaar.
Sterre, planete mag brand en vergaan -
U troon sal ewig bly bestaan.

3. Smart of tragedie mag ons hier oorval -
dit tref ons male sonder tal.
As ons verbyster net staan en bly staar,
bly U ons God. U's altyd daar!

4. Vader, ons weet ons kan nêrens heen dwaal
U sal ons altyd weer kom haal.
Niks stuit u liefde en majesteit,
Here ons God, in ewigheid.

Geskiedenis

Teks 
Hierdie nuwe teks van Izak de Villiers (#153) is vir die eerste keer gepubliseer in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie DUKE STREET (ook bekend as ST HELENS, WINDLE en NEWRY) het vir die eerste keer anoniem verskyn as ’n setting vir Joseph Addison (1672-1682) se beryming van Psalm 19 wat verskyn het in Henry Boyd se A Select Collection of Psalms and Hymn Tunes (Glasgow, 1793). Daar word ook hierna verwys as “Addison’s 19th Psalm”. Dit verkry die naam DUKE STREET in William Dixon se Euphonia, containing SixtyTwo Psalm and Hymn Tunes (Liverpool, 1805) waar dit vir die eerste keer toegeskryf word aan John Hutton. Die titel van die melodie verwys na die straat in St Helens waar Hatton gebly het. Die alternatiewe titels WINDLE en ST HELENS verwys onderskeidelik na Hatton se woonplek in St Helens. Veral in Amerikaanse bronne word die titel NEWRY dikwels gebruik en dit kom reeds voor in The Columbian Harmonist (Dedham, 1808). 

John (Warrington) Hatton (*25 September 1710?, Warrington; †begrawe 13 Desember 1739, St Helens, Lancaster) het ook bekend gestaan onder die naam John van Warrington. Daar is min bekend oor sy lewe. Hy woon later in Duke Street in St Helens, Windle, waar hy die plaaslike kerkdienste bywoon. Hy is waarskynlik dood in ’n koetsongeluk naby Windle en is begrawe in die Presbiteriaanse kapel in St Helens. 

Bronne
CDH; CWC: 265; CWH: 180; CUMH: 764; Graham: 63; HC: 255; HCLBW: 403-404; Humphreys & Evans: 151; Knight: 68; PHH: 572-573; Temperley: 47.