Lied 506

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. O Heer, u liefde wondergroot
maak my van sonde vry.
U Seun ontruk my aan die dood,
Hy dra die kruis vir my.

2. U hulp, u liefde onbegrens
laat my van vreugde juig;
U deernis met 'n dwase mens
laat my eerbiedig buig.

3. Genade so oneindig wyd -
U skenk dit weer en weer.
Dit is die hoogste heerlikheid
dat U my liefhet, Heer.

Geskiedenis

Teks 
“O Heer, u liefde wondergroot” is ’n nuwe teks van Andries Breytenbach (#151) wat in die Liedboek (2001) verskyn het. 

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie ST PETER van Alexander Reinagle, sien Lied 264.