1. Kom, laat ons saam tot Jesus nader
met blye uitsig op ons lot!
Hy het die heilsplan van die Vader
vir sondaars reeds volbring by God.
Sy werk van Goddelike waarde,
die eeue deur met hoop verwag,
het Hy volbring: Loof, hemel, aarde,
loof Hom, die Lam vir ons geslag.
Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.
Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.
Teks
“Komt, knielen wij voor Jezus samen” is die oorspronklike teks van Hieronymus van Alphen (#152) wat in die Evangelische Gezangen (1806) verskyn het. Dit is in Afrikaans vertaal deur GBA Gerdener (#157) vir Die Nuwe Halleluja (1931) en die teks is hersien vir die AGB (1944). Attie van der Colf (#164) het die teks gewysig en ’n vyfde strofe bygevoeg vir die 1978-bundel en dit is met wysigings deur Van der Colf opgeneem in die Liedboek (2001).
Melodie
Die melodie is geskryf vir Johann Christian Nehring (1671-1736) se teks “Die Tugend wird durch‘s Kreuz geübet” en is gepubliseer in Johann Anastatius Freylinghausen se Geistreiches Gesangbuch (Halle, 1704). Die melodietitel DIE TUGEND WIRD DURCH’S KREUZ GEÜBET stem ooreen met die eerste reël van Nehring se teks. Die melodie het populêr geword in Nederland deur die publikasie daarvan in die Evangelische Gezangen (1806) en die latere 1938-bundel. Dit kom na die Afrikaanse himnologie deur die opname daarvan in Die Nuwe Halleluja (1931) soos hier bo uiteengesit. Die melodie is ritmies aangepas in die Liedboek (2001).
Bronne
Cillié: 331; CGLB: 867-870.