Lied 498

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Hy wat glo, word nie beskaam nie.
Niemand smeek tevergeefs
in die Heer se Naam nie.
Ons bely dat Jesus lewe.
God wat red van die wet
het ons klaar vergewe.

2. God sien nie persone aan nie:
onderskeid, volk óf tyd -
God sien dít nie aan nie.
Hy's besorg oor alle mense,
en Hy roep, en Hy soek
ons oor alle grense.

Geskiedenis

Teks 
Johann Crüger (#165) het in sy Praxis Pietatis Melica (1653) ’n teks ingesluit van Paul Gerhardt (#156), naamlik “Warum sollt ich mich denn grämen”. Izak de Villiers (#153) se Afrikaanse teks in die 1978-bundel is egter nie ’n vertaling van Gerhardt se teks nie. De Villiers het geringe wysigings aangebring vir die weergawe wat in die Liedboek (2001) opgeneem is. 

Melodie 
Die melodie WARUM SOLLT ICH MICH DENN GRÄMEN is geskryf deur Johann Ebeling (#343) in 1666. Die titel is afgelei van die eerste reël van Gerhardt se teks soos hier bo genoem. Vir meer inligting oor die melodie, sien Lied 343. 

Bron 
Cillié: 336-337.