Lied 496

Vers 1

1. Jesus, U die lewe,
Jesus, U die waarheid,
Jesus, U die weg –
U wys ons die Vader,
laat ons tot Hom nader;
U is self die weg.
“Glo in God, glo ook in My” –
so leer U ons glo, o Here,
want U is die lewe.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Elsabé Kloppers 2001 ©
Jesu, meine Freude – Johann Crüger 1653
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
“Jesus, U die lewe” is ’n nuwe teks van Elsabé Kloppers (#154) wat geskryf is na aanleiding van Johannes 14:1-31. Dit is vir die eerste keer gepubliseer in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Vir meer inligting oor die melodie JESU, MEINE FREUDE van Johann Crüger (1653), sien Lied 412.