Lied 486

Sections

Lirieke

1. Bring aan die volke die boodskap
van hoop en bevryding!
So sÍ die Here,
verkondig al verder die tyding:
"Daar is my kneg!
Hy bring aan nasies die reg -
volg Hom getrou in sy leiding."

2. Hy, die geliefde,
die enigste daartoe verkore,
ly vir ons sonde en red ons,
in sonde verlore.
Die Kind word Kneg!
Hy neem ons sondeskuld weg
ons word in Hom weergebore.

3. Hy wat verstaan, sal die riet
wat geknak is, nie breek nie.
Hy laat die swakke, verdrukte nie
vrugteloos smeek nie.
Die Kneg is Heer!
Duisende wag op sy leer -
laat ons hul nood nie vergeet nie.

4. As Hy ons roep tot sy diens -
hoe sal ons dit mag weier?
Hy is almagtig, genadig,
die troue bevryder.
Christus gee krag,
klee ons met koningsgesag -
Hy is ons Koning en Leier.

Geskiedenis

Teks 
“Bring aan die volke” is ’n nuwe teks deur Attie van der Colf (#164). Volgens die 1978-bundel, waarin dit vir die eerste keer gepubliseer is, is dit gebaseer op Jesaja 42:1-7 en Matteus 5:4-5. Die teks is met geringe wysigings oorgeneem in die Liedboek (2001). 

Melodie 
Die melodie LOBE DEN HERREN word vir hierdie lied gebruik. Vir meer inligting oor die melodie sien Lied 184. 

Bron 
Cillié: 369; Hymnary.org; store.cdbaby.com