Lied 477

Vers 1

1. Hou Christus self sy kerk in stand –
vergeefs die hel se woede.
As Here aan Gods regterhand
regeer Hy ons ten goede.
Hy is in alle leed
steeds tot ons hulp gereed,
bewaak die Christendom,
en waar die vyand kom,
stuit Hy die bose woede.

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Wenn Christus seine Kirche schützt – Christian Gellert 1757; Jan Grave en Ahasverus van den Berg 1806; GBA Gerdener 1931; AGB 1944; gewysig Attie van der Colf 1978 / 2001
Ein feste Burg ist unser Gott – Martin Luther 1528; melodies aangepas 2001
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
“Wenn Christus seine Kirche schützt”, geskryf deur Christian Gellert (#198) in 1757, was die oorspronklike Duitse teks waarop Jan Grave en Ahasverus van den Berg (#198) hulle Nederlandse vertaling vir die Evangelische Gezangen (1806) geskoei het. GBA Gerdener (#157) het die Afrikaanse vertaling in Die Nuwe Halleluja (1931) gemaak. Dit is hersien in die AGB (1944). Attie van der Colf (#164) het die teks gewysig vir die 1978-bundel en dit is ingekort tot twee strofes in die Liedboek (2001). 

Jan Everhard Grave (*1729; †1780, Amsterdam) word veral onthou vir sy pogings om vir die Lutherse kerkgenootskap (in Nederland) ’n verbeterde psalm- en gesangberyming daar te stel. Hy doen dit deur vertalings van die psalms en berymings van die gesange. Van hom verskyn twee bundels: CF Gellert’s Geestelijke Gezangen en Liederen, in het Nederduitsch vertaald (Amsterdam, 1774) en Het boek der Psalmen, nevens de Liederen en Gezangen bij de Lutherse gemeente in gebruik. Op nieuw berijmd (Amsterdam, 1776). 

Melodie 
Die melodie van Martin Luther EIN FESTE BURG IST UNSER GOTT word by hierdie lied gebruik. Vir verdere inligting sien Lied 476. 

Bronne 
Cillié: 364-365; HCLBW: 307-308; resources.huygens.knaw.nl; www.biografischportaal.nl