Lied 470

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. U, Here, is ons Koning,
Een wat met mag regeer.
U onderdane lofsing,
en buig hul voor U neer.
Groot is u Naam en heilig,
getrou is U en goed.
U, Here, is ons toevlug,
die God wat ons behoed.

2. U troon hoog as 'n vesting,
verhoor ons as ons vra:
Heer, bied aan ons beskerming,
Ontfermer wat ons dra.
U, Heer, is sterk en magtig,
U wat ons digby hou,
by U is ons steeds veilig,
op U kan ons vertrou.

3. Gee nou aan ons volharding
dat ons met moed kan stry.
Heer, gee aan ons oorwinning,
u krag sal ons bevry.
U is ons Rots, ons Redder,
Een wat die vyand stuit
U, Here, is ons Vader,
ons God in ewigheid.

4. Aan U ons jubelsange,
ons prys U met ontsag.
Na U is ons verlange,
ons bly u heil verwag.
Heer, U maak by ons woning,
u lof sal ewig duur.
U koms is ons verwagting,
dÌt wil ons juigend vier.

Geskiedenis

Teks 
CJA Vos (#167) se oorspronklike teks “U, Here, is ons koning” is gepubliseer in die Liedboek (2001). Dit besing die koningskap van God. 

Melodie 
Die melodie AURELIA van Samuel Wesley (#354) uit 1864 word by hierdie teks van CJA Vos gebruik. Vir meer inligting sien Lied 354. 

Bron 
E-poskorrespondensie met Cas Vos, 20 April 2016.