Lied 469

Vers 1

1. O diepte van die rykdom
van wat U ken en weet!
Geen skepsel kan daar bykom,
die omvang daarvan meet.
Wie ken ooit u gedagte;
by wie gaan soek U raad?
U heers oor alle magte;
U’s groot in woord en daad!

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Kry toegang tot alle bladmusiek en ander aflaaibare lêers. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om af te laai.

Izak de Villiers 1978 / 2001 ©
Du meine Seele, singe – Johann Ebeling 1666; ritmies aangepas 2001
Inligting oor die verwerking van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.
Inligting oor die uitgewer van hierdie lied is nie tans beskikbaar nie.

Teks 
Hierdie oorspronklike teks van Izak de Villiers (#153) is ’n beryming van Romeine 11:33-36. Dit is vir die eerste keer gepubliseer in die 1978-bundel en hersien in die Liedboek (2001). 

Melodie 
DU MEINE SEELE, SINGE van Johann Ebeling (#343) is oorspronklik in 1666 gekomponeer vir die teks van Paul Gerhardt (#156): “Merkt auf, merkt Himmel, Erde”. Ebeling publiseer twee versamelings met liedtekste van Gerhardt: Pauli Gerhardi geistliche Andachten (1666/1667) en Evangelischer Lustgarten Herrn Pauli Gerhardts (1669). Die melodie DU MEINE SEELE, SINGE is in die 1667-versameling gebruik vir ’n ander Gerhardt-teks wat gebaseer was op Psalm 146 “Du meine Seele, singe” waarvan die melodie dan sy himnologiese titel verkry het. Die melodie is ritmies aangepas in die Liedboek (2001). 

Bronne 
CGLB: 182-183; PHH: 360.