Lied 468

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Christus, die Seun, is beeld van God -
van God onsigbaar, groot.
Hy is die Eerste, Hy alleen,
die hoog verhewe Heer.

2. Alles wat is, is daargestel
déúr Hom, vÌr Hom alleen.
Voor iets daar was, was Hy reeds daar;
deur Hom hou alles stand.

3. Hy is die oorsprong van die kerk,
ons Hoof, die Heer is Hy.
Ons is sy liggaam, één met Hom;
en in Hom is ons één

4. Christus het waarlik opgestaan
as Eerste uit die dood.
In die heelal sal Hy dus wees
die Eerste - Hoof en Heer.

5. God met sy volheid woon in Hom,
só het God self besluit.
Daarom kon Hy versoening bring -
Gods vrede weer herstel.

6. Christus moes sterwe aan 'n kruis,
Hy moes sy bloed laat vloei.
Hemel en aarde, die heelal,
is só met God versoen.

Geskiedenis

Teks 
“Christus, die Seun, is beeld van God” is ’n oorspronklike teks van Louwrens Strydom (#174) wat postuum in die Liedboek (2001) gepubliseer is. Dit is gebaseer op Kolossense 1:15-20. 

Melodie 
NUN DANKET ALL UND BRINGET EHR van Johann Crüger (#156) uit 1653 word by hierdie lied gebruik. Vir meer inligting, sien Lied 193.