Lied 466

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Aanbiddelike Skepperheer,
aan U die dank, aan U die eer;
aan U die lof met jubeling,
diep uit ons harte toegebring.

2. Uit U is alles wat ons het:
ons lewe, arbeid en gebed.
Op U, wat alles onderhou,
bly ons ons hoop en toekoms bou.

3. Gee, Heer, u seën oor al ons werk;
ons krag, vermoëns is beperk.
Leer ons, soos kennis verder strek,
u hand in alles te ontdek.

4. Volmaak is alles wat U doen;
volkome is ons skuld versoen.
Aanbiddelike Vader, Heer,
aan U die dank, aan U die eer.

Geskiedenis

Teks 
“Aanbiddelike Skepperheer” is ’n oorspronklike teks van Attie van der Colf (#164) wat vir die eerste keer in die 1978-bundel gepubliseer is. Die teks is gewysig deur Van der Colf vir die weergawe in die Liedboek (2001).
 
Melodie 
Die anonieme melodie HERR JESU CHRIST, DICH ZU UNS WEND word by hierdie lied gebruik. Vir meer inligting oor die melodie, sien Lied 155.