Lied 460

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

Ons sing 'n nuwe lied tot u eer.
Ons loof u Naam, o Skepperheer,
U heers oor aarde en hemel.

1. Die berge, heuwels, bome van die veld,
die voÎls en diere sal u lof vermeld;
want die aarde behoort aan die Here,
dis Hy wat heers oor al wat lewe.

Ons sing 'n nuwe lied tot u eer.
Ons loof u Naam, o Skepperheer,
U heers oor aarde en hemel.

2. Die visse en die diere van die see
besing die Skepper wat die lewe gee;
want die aarde behoort aan die Here,
dis Hy wat heers oor al wat lewe.

Ons sing 'n nuwe lied tot u eer.
Ons loof u Naam, o Skepperheer,
U heers oor aarde en hemel.

3. Planete wentel in die hemelruim.
Ons jubel as die sterre snags verskyn,
want die aarde behoort aan die Here,
dis Hy wat heers oor al wat lewe.

Geskiedenis

Teks 
Die oorspronklike Duitse teks “Geh aus, mein Herz, und suche Freud” is deur Paul Gerhardt (#156) in 1653 geskryf toe hy predikant was in Mittenwalde, Berlyn. Dit is vir die eerste keer gepubliseer in die vyfde uitgawe van Johan Crüger se Praxis Pietatis Melica. Die teks is in Afrikaans vertaal deur Lizette Murray (#176) en gepubliseer in die Jeugsangbundel 2 (1993). Die teks is effens gewysig in die Liedboek (2001). 

Melodie 
August Harder skryf oorspronklik die melodie GEH AUS, MEIN HERZ vir ’n gedig van Ludwig Hölty (1748-1776): “Die Luft ist blau, das Tal ist grün”. Die Duitse orrelis Friedrich Eickhoff (1807-1886) verbind dit in 1813 met Gerhardt se teks soos hier bo bespreek. 

August Harder (17 Julie 1775, Schönerstedt, by Leisnig, Sakse; †22 Oktober 1813, Leipzig) ontvang sy eerste musiekonderrig van sy vader wat ’n onderwyser was in Schönerstedt. Hy gaan skool aan die Gymnasium in Dresden en begin daarna met teologiestudies in Leipzig. Vir ’n ekstra inkomste moes hy musieklesse gee. Sy sukses hiermee bring mee dat hy sy teologiese studies laat vaar en ’n loopbaan in musiek volg. Hy werk as sanger, pianis, kitaarspeler, komponis en skrywer sonder ’n vaste aanstelling in Leipzig. Hy word geliefd deur sy liedkomposisies, maar sy bekendheid berus op die melodie GEH AUS MEIN HERZ in verbinding met Gerhardt se teks. 

Bronne 
EG; Hymnary.org; KLEG: 131-132.