Lied 458

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Aan U ons lof, o God,
u skepping bring U hulde.
Ons kroon U, Heer, met eer,
U heers oor al die lande.
Met glans is U beklee,
U is met mag omring.
U is ons toegeneÎ,
Ons kom u lof besing.

2. Aan U ons dank, o God,
u seën versier ons lewe:
die wolke stapel op,
u reën deurweek die aarde.
'n Oes spruit uit die grond,
U sorg vir mens en dier,
u brood voed elke mond,
ons prys U almal hier.

3. Aan U ons eer, o God,
ons skuld het U vergewe.
U skenk die lewensbrood.
U skenk die nuwe lewe.
Ons God, ons sing dit luid:
U daal na mense neer.
U stort u liefde uit,
aan U ons lof en eer.

Geskiedenis

Teks 
CJA Vos (#167) het hierdie nuwe teks vir die Liedboek (2001) geskryf. 

Melodie 
Die bekende melodie NUN DANKET ALLE GOTT (#188) van Johann Crüger (#156) word gebruik vir hierdie lied. Dit is ritmies aangepas in 2001 vir die Liedboek. Vir meer inligting oor die melodie, sien Lied 188. 

Bronne 
E-poskorrespondensie met Cas Vos, 20 April 2016; HCLBW: 543-544.